Sample Sidebar Module

This is a sample module published to the sidebar_top position, using the -sidebar module class suffix. There is also a sidebar_bottom position below the menu.

Sample Sidebar Module

This is a sample module published to the sidebar_bottom position, using the -sidebar module class suffix. There is also a sidebar_top position below the search.
Tuis

NG Gemeente Kroonrand   NG Gemeente

   Kroonrand

Welkom by Kroonrandgemeente

Deur die genade van die Here is ons as gemeente deur die jare deur Sy Gees en Woord opgebou;  kon ons mekaar ondersteun en op verskillende maniere ook 'n hand na die gemeenskap uitsteek om 'n verskil te maak. Jubel saam met ons oor die "goeie ou dae" bid saam met ons vir wat voorlê.
 -- 4 September 2016 (55 jaar van genade!) --
JULIE
02
Erediens:Tyd: 09:00
 Koninkrykstyd 4
JULIE
09
Erediens:Tyd: 09:00
 Koninkrykstyd 5
 
JULIE
16
Erediens: Tyd: 09:00
 Koninkrykstyd 6
JULIE
23
Erediens: Tyd: 09:00
 
 Koninkrykstyd 7
 
 
  • Is jy op soek na 'n gemeenskapskerk waar jy saam met ons kan leer en aanbid? Laat weet ons wie jy is en ons sal jou kontak.
  • Wil jy graag ons nuutste boodskappe luister?  Luister of laai 'n kopie af.  Luister of laai ook vorige boodskappe af.
  • Besoek ons hierdie Sondag! Die erediens begin om 09:00. Ons kerkadres:   H/v Tilraeweg en Shannonweg, Ridgeway, Johannesburg

Wat maak ons gemeente so spesiaal?

'n Klein groepie gelowiges wat saam meer en meer soos Jesus wil wees 
Aan God die eer!
 
Kroonrand is spesiaal vanwee ons omgee vir mekaar. Dit word veral moontlik gemaak deurdat ons geografies en numeries ‘n kleiner gemeente is. Dit is vir ons makliker om mekaar te leer ken, saam te werk en ook te help waar nodig. Deur die jare het ons beleef dat die Here aan ons altyd die regte mense met spesifieke vaardighede en kennis op die regte tyd gee. Dit laat ons gelowig en hoopvol uitsien na ‘n toekoms saam met Jesus as Koning van die Kerk en wêreld. Ons wil nie stilstaan in die verlede nie maar beskikbaar wees elke dag.
Ons Geskiedenis

Bybelstudies en Selgroepe

Skakel in by die groep van jou keuse 
 
Neem deel in kleingroepe
 
Die groeigroep-model is die voertuig om bepaalde waardes wat in die kerk verlore gegaan het, te herstel, nl. ‘n kwaliteitverbondsverhouding (koinonia), bedieningsvrymoedigheid van die lidmaat (priesterskap) en effektiewe uitreik na die wêreld (mobilisering). Die model bied die potensiaal dat baie leiers (klein en groot) ontwikkel word en eienaarskap van die bediening en die doel van die kerk aanneem. Tans het ons een groep wat getrou op Donderdae bymekaarkom. Nog groepe vir veral werkende lidmate word beplan.
Ons Bedieninge

Begin jou lewensreis met ons

Sien jou Sondag by ons erediens 
 
Almal verdien 'n nuwe begin
 
Om lidmaat te wees van Kroonrandgemeente, impliseer ’n begeerte om geestelik te groei en ook diensbaar te wees. Ons moedig jou dus aan om so gou moontlik in te skakel by een van ons bedieninge en deel van ’n groeigroep te word. Help met projekte volgens jou gawes en ervaring wat jou die geleentheid sal bied om die evangelie aan mense te bring. Ons doen dit Saam Meer en Meer soos Jesus!
 

Ons gee om vir mekaar

Efesiërs 5:1-2
“Omdat julle kinders van God is en Hy julle liefhet, moet julle sy voorbeeld volg. Lewe in liefde, soos Christus ons ook liefgehad en om ons ontwil sy lewe as ’n offergawe gegee het, ja, ’n offer wat vir God aanneemlik was.” (NAV, 1983)
Ons Uitreike

Luister preke

Nuusbriewe

Ons Leiers

Gemeentekalender
 
 

Ontmoet ons Leraar

Ds Dirk Lourens

 
Ds Dirk C Lourens
 
MY LEWENSVISIE
DVDVDVJ is ‘n akroniem vir "Dra Vrug Dag Vir Dag Vir JESUS". Hierdie slagspreuk het ontstaan nadat ek die reeks van Walk Thru the Bible genaamd "Die Geheimenis van die Wingerdstok" gepreek het. Dit is gebaseer op Joh.15:5  “Ek is die wingerdstok. Julle is die lote. As julle by My bly en as Ek by julle bly, dan sal julle baie vrugte dra. As Ek nie by julle is nie, dan kan julle niks doen nie.” (Die Bybel vir Almal: 2008).

Jesus rig die uitnodiging: “As julle by My bly... dan sal julle baie vrugte dra”. Maar hoe “bly” ons by Hom? Watter vrugte moet ons dra en hoe? Dit is my passie om Christene te help om die Woord op só n manier te verstaan dat verandering in hul lewens sál plaasvind en hulle Jesus sal leer volg - elke oomblik van my/hul lewens.

Lees meer oor Ds Dirk
 
 

Kontak Ons

  •  Tilraeweg 27
    Ridgeway, Johannesburg
  •  084-703-4066
  •  Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Nuusbrief intekening

Verskaf ons jou epos om ons weeklikse Nuursbrief te ontvang

Gemeente se bankbesonderhede:

Naam van rekening: NG Gemeente Kroonrand

Bank: FNB, Southdale (254205)

Tjekrekening nr: 62380311474

Verwysing: Jou van en voorletters.

Nuusbrief Intekenkode